CMR AMBASSADORS

Hanna de Kock
Ons is so opgewonde om Hanna de Kock van HdKCounselling aan al ons lesers voor te stel.
In Hanna se eie woorde:
“Ek het nog altyd die behoefte gehad om iets vir die Here te doen, iets aan Hom terug te gee vir wat Hy al baie jare lank, en nou nog, in my lewe doen.”
Sy gee terug waar ander eerder verbyhou. Sy ondersteun die familie van geweldslagoffers – selfdood, ongelukke en ander traumatiese gebeurtenisse. Hanna vergelyk die uniform wat sy moet dra met God se wapenrusting, soos Paulus dit in Efesiërs 6 beskryf. “Wanneer ek my uniform aantrek, voel ek in die gees hoe God my die gesag, beskerming en krag gee om by ’n toneel in te stap en te doen wat ek moet doen.”
Lees meer hier: Lig Artikel oor Hanna de Kock