CMR AMBASSADORS

Liesel Krause-Wiid

Liesel Krause-Wiid

Liesel Krause-Wiid is geen onbekende nie en ondersteun die werk van die CMR ook reeds vir ‘n geruime tyd.

Met haar insisiatief is daar reeds suksesvolle damesoggende gehou om fondse te werf vir die CMR, sy het al motiveringspraatjies vir ons gelewer tydens spesiale geleenthede, sy dien op die CMR se fondswerwingskomitee en help waar sy kan ten spite van ‘n besige program.

Sy is ‘n bekende voormalige redaktrise van Finesse damestydskrif, teoloog, skrywer en besigheidsvrou van Krause familiebesigheid.

Eric Posthumus

Ons verwelkom Erich elias Norman and Prof vd Klomp as heel nuutste ambassadeur by die CMR. Welbekend as motiveringspreker en komediant neem hy die jonger generasie op ‘n onvergeetlike en impakvolle reis van sang en komiese aktiwiteite.

Erich het ‘n hart vir kinders en ook vir die CMR en was dit juis die rede da thy heelhartig ingestem het om betrokke te raak by die CMR.

Erich Posthumus
Ghapi

Ghapi 

Phillip Botha – better known as Ghapi and well known drummer and singer.

Our first meeting with Ghapi was at a coffee shop in Pretoria in 2015. Ever since Ghapi has been a very active ambassador for the CMR Gauteng-Oos. Ghapi is the driving force behind the CMR Gauteng-Oos PasellaPakkies food project which was launched in March 2016.

For the minute that we met, it was evident that Ghapi has an open and very giving heart.

Stephan Joubert

Prof. Stephan Joubert, bekende teoloog, skrywer, dosent, spreker en leier van E-kerk is reeds meer as 5 jaar betrokke by die CMR. Hy het al by ons jaarfunksies opgetree as boeinde spreker, skryf bydraes vir ons nuusbriewe. Hy ondersteun die werk wat gedoen word deur die CMR ten volle.

Stephan Joubert
Johan Scholtz

Johan Scholtz

Bekende akteur, pastoor en skilder kom al ‘n lang pad saam met die CMR Gauteng-Oos. Johan is ook ‘n inspirerende spreker vir vrouegehore en damesoggende. Hy glo in die werk van die CMR en is ook onder andere betrokke by Huis Gideon vir pleegkinders.

Antoinette Louw

Bekende aktrise wat in “Dis ek, Anna” ‘n kragtoervertoning gelewer het as Anna. Anna is die verhaal van ‘n dogtertjie wat van kleintyd die gruwels van aanhoudende misbruik deur haar stiefpa en ander persone moes verwerk, maar op ‘n bomenslike wyse daarin kon slaag om dit te oorkom.

Ons het vir Antoinette genader na die rolprent uitgereik is en gelukgewens met haar ongelooflike goeie spel. Omdat dit so aktuele onderwerp en realiteit is waarmee ons maatskaplike werkers daagliks werk, ondersteun sy graag en ten volle die werk van die CMR!

Antoinette Louw
Prof Annemarie Davies

Prof Annemarie Davies

Hoof van Ekonomiese – en Bestuurstudies Dept. Unisa.

Annemarie het ‘n passie vir die werk deur die CMR gedoen en is reeds etlike jare betrokke by die CMR. Sy is genader om te help met ‘n strategiese bestuursessie en is sedertdien betrokke asook met opleiding en ander behoeftes waar nodig.