Naalde maak hom nie meer bang nie

Sep 15, 2021 | News

Die waarde van spelterapie vir kinders met hul eie unieke vrese, kan nie onderskat word nie.

Daar was ‘n klein seuntjie wat by sy ouers gewoon het, en ‘n ouer sussie gehad het. Hy het soos alle klein seuntjies, gespeel, en sy lewe geniet.

Ongelukkig moes hy elke derde maand hospitaal toe gaan – iets wat vir hom niks lekker was nie. Hy was anemies– en moes selfs bloedoortappings kry om sy rooibloedselle aan te vul.

Die sien van die naalde en medisyne was vir hom ‘n angswekkende ervaring, wat van een keer na die volgende keer nie makliker geword het nie. Hy het geskop en geskree en die behandeling moes onder dwang geskied.

Die dokter het naderhand aan die hand gedoen dat die seuntjie sal baat by spelterapie. Hy het op ‘n weeklikse basis by ‘n terapeut ingeskryf en aan die begin was dit niks meer nie as om hom te laat verstaan dat nie elke persoon wat hy sien, hom wil seermaak nie. ‘n Paar weke later kon daar van trauma terapie na kognitiewe terapie oorgegaan word.

Deel van die spelterapie was dat hy naderhand self kon speel hy gee inspuitings. Toe hy tandarts toe moes gaan, het die terapeut hom deeglik voorberei op die besoek, wat ten spyte van sy angstigheid, tog goed afgeloop het.

Die seun weet nou hy hoef nie bang te wees vir naalde nie. Hy het sy vrees vir mediese personeel, naalde en hospitale oorwin en kan dit nou goed hanteer.

Die waarde van spelterapie vir kinders met hul eie unieke vrese, kan nie onderskat word nie. Kontak ‘n professionele persoon, hetsy ‘n sielkundige of maatskaplike werker wat in spelterapie spesialiseer, vir verdere navrae.

0 Comments